Afrikaans
Hier by Bridge House is ons baie trots op ons taal.
As jy deur ons gange stap,
hoor jy in die verte, deur die gesuis van wind in die blare,
bekende Afrikaanse melodie weerklink.
Hier sing en dig en praat en speel ons toneel -
luister ons na interessante sprekers se verhale,
want hier laat ons die taal LEWE!
Die leerders is gretig om Afrikaans te praat, hul uitkyk is positief en hulle is trots daarop om te presteer. Ons Matriekuitslae is uitstekend en ons spog, met A-gemiddeldes elke jaar.
|